12 dae gelede
Rouklaers is vreesloos
TRADISIE: Mense voel hulle wil steeds op die “ou” way afskeid van ’n geliefde neem.  ~ Mkhuseli Sizani

DIE land is ure weg van ’n 21 dae lange lockdown en streng gesondheidsmaatreëls is in plek.

Maar honderde mourners wat in groot groepe begrafnisse in die Oos-Kaap en elders bywoon, steur hulle steeds nie hieraan nie.

Pres. Cyril Ramaphosa se herhaalde oproepe dat die stryd teen die gevreesde Covid-19 met groot erns aangepak moet word, word eenvoudig net geïgnoreer.

Byeenkomste waar meer as 100 mense teenwoordig is, word deur die regering verbied, maar inwoners sê in Afrika is daar nie ’n invitation nodig om ’n begrafnis by te woon nie.

Nie eens Saterdag se eerste Covid-19-geval in die Oos-Kaap het mense afgeskrik om in groot getalle begrafnisse by te woon nie.

By begrafnisse in die Oos-Kaap bly busse en kerke stampvol en begraafplase propvol rou­klaers wat hulle laaste goodbyes wil sê.

By die begrafnis van Royden Plaatjies (9) wat twee weke gelede doodgeskok het, was daar meer as 200 begrafnisgangers in Arcadia in die Northerns.

Dosyne kinders was onder hierdie rouklaers wat almal in twee prefabricated klas­kamers gesit het wat vir die begrafnis in ’n saal omskep is.

By die Bloemendal-begraafplaas was die oop grafte baie na aan mekaar en die onderskeie bedroefde families het nie mekaar kans gegee om die afskeidsverrigtinge afsonderlik klaar te maak nie.

’n Begrafnisganger, Mary Visagie (63), sê sy is bewus van die corona-virus, maar sê sy moes eenvoudig net Royden se begrafnis bywoon.

“Hoe kan ek hom nie begrawe nie?

“Hy was soos familie vir my en het altyd na my huis toe gekom om ’n stukkie brood te vra,” sê sy.

Groet

Nog ’n begrafnisganger in die Zwide-lokasie, Luvuyo Ndotshayisa (34), sê Africans stuur nie invites vir ’n begrafnis uit nie.

“Ons het uitgebreide families en almal van ons wil ’n loved one begrawe.

“Ek is nie bang nie. Ek groet mense met die hand.

“Daar was baie ander virusse­ in die verlede en ons sal hierdie een ook defeat,” meen hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters