16 dae gelede
Rouklaers groet ’n legende
TROOS: Mike Stallenberg se vrou, Magdalene (links), word ondersteun deur haar dogter Margaret.  ~ Charles Pullen

’N SPORTLEGENDE van die Oos-Kaap, Mike Stallenberg, is gister na sy laaste rusplek in die Papenkuil­begraafplaas in Gelvandale geneem.

Stallenberg (81) is op 2 Mei in die Livingstone Hospitaal aan natuurlike oorsake oorlede.

Sy begrafnisdiens is Saterdag by die Young Park-tennis-en-netbalklub gehou.

Ingevolge die regulasies van die Rampbestuurswet kon slegs ’n beperkte getal mense toegelaat word om die hartroerende diens in die saal by te woon.

Erewag

Sowat 300 rouklaers van verskillende sportkodes, insluitend vriende van Stallenberg wat nie by die saal kon inkom nie, het buite die saal gestaan en die diens – wat regstreeks op Facebook en YouTube uitgesaai is – gevolg.

Op pad na die Papenkuil-begraafplaas het meer as 400 rouklaers – vanaf die N2-afdraai tot by die begraafplaas – ’n erewag aan weerskante van Standfordweg gevorm en hande geklap toe die lykswa verby hulle ry.

Stallenberg word oorleef deur sy vrou, Magdalene, en sy vier kinders, Eugene Stallenberg, Geraldine Levin­thal, Margaret Martin en Ulrich Stallenberg.

Stallenberg laat ook vyf kleinkinders agter.

TOTSIENS: Rouklaers vorm ’n erewag toe die lykswa verby hulle na die Papenkuil-begraafplaas ry. Foto: Charles Pullen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters