10 dae gelede
Regsman in hof ‘nadat hy R2,4 m. van kliënt steel’
VLUGTIG voor: Shaun Masimla, wat al 17 jaar as ’n regsverteenwoordiger praktiseer, verskyn gister vlugtig in die Baaise handelshof op aanklag van diefstal.Foto: deon ferreira  ~ 

SHAUN Masimla, wat al die afgelope 17 jaar as ’n regsverteenwoordiger praktiseer, het gister vlugtig in die Baaise handelshof verskynop ’n klag van diefstal.

Die saak teen hom is tot eerskomende Vrydag uitgestel.

Die staat beweer Masimla het net meer as R2,4 miljoen van Edison Cunningham gesteel. Die Padongelukfonds (POF) het die reuse-bedrag aan Cunningham uitbetaal nadat hy in 2001 in ’n kar­ongeluk verlam is.

Luidens die klagstaat het Masimla die hofsaak in 2011 oorgeneem.

Op 3 Januarie 2012 het die fonds meer as R173 000 by FNB in die trustrekening van Shaun Masimla Attorneys inbetaal.

Dié bedrag was deel van die skikking wat die fonds met Cunningham aangegaan het.

Die staat beweer verder dat R960 000 op 2 Februarie 2012 en byna R2,4 miljoen op 2 April 2013 in die trust­rekening van Masimla se praktyk inbetaal is.

Die klagstaat dui aan Masimla het na bewering net meer as R1,1 miljoen aan Cunningham betaal en R2,4 miljoen in sy sak gesteek.

Masimla is in Desember in hegtenis geneem.

Borgtog van R2 000 is in die Baaise landdroshof aan hom toegestaan.

As deel van die borgtogvoorwaardes word Masimla verbied om enige kontak met Cunningham of sy vrou te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters