3 maande gelede
Reeksverkragter sal vrot in mang
victims: ’n Reeksverkragter wat vier vroue gerape het, is uiteindelik lewenslank tronk toe gestuur. Foto ter illustrasie  ~ 

’N SERIAL rapist van die Oos-Kaap is vir die res van sy lewe tjoekie toe gestuur.

Sivuyile Ngqula, ’n 39-jarige part-time mechanic en taxi­bestuurder, is Dinsdag in die hooggeregshof in Bhisho gevonnis.

In haar vonnisoplegging het regter Belinda Hartley gesê: “Verkragting is een van die gevaarlikste misdade. Wanneer jy iemand verkrag, ontneem jy hulle van hulle waardigheid, veiligheid en integriteit. Jy traumatiseer hulle families ook.

“Die boodskap moet uitgestuur word dat verkragting nie mag plaasvind nie en dat die gemeenskap teen verkragters beskerm moet word deur lang vonnisse.”

Ngqula het ’n taxi-diens tussen Peddie, Mdantsane en Nxarhuni ge-operate.

“As taxi-bestuurder het hy van sy vroulike passasiers sy prooi gemaak en baie onskuldige vroue seksueel geviolate.

“Hy het sy aanvalle vir ’n tydperk van twee jaar tussen 2014 en 2016 uitgevoer totdat hy uiteindelik op 9 Januarie laas jaar vasgetrek is,” aldus kapt. Khaya Tonjeni.

Hy is aan die verkragting van vier vroue skuldig bevind.

Vir klag 1 – die verkragting van ’n vrou (27) op 1 Ja­nuarie 2014 naby Mdantsane – is hy ’n vonnis van 15 jaar tronkstraf op­gelê.

Vir klag 2 het hy lewenslange tronkstraf gekry. Dít was toe hy op 29 November 2015 ’n 65-jarige vrou in Peddie verkrag het.

Hy het destyds by die victim se huis ingebreek met die doel om haar te verkrag.

Hiervoor is hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Vir klag 3, die verkragting van ’n 36-jarige vrou van Mdantsane­, het hy lewenslange tronkstraf gekry. Dié verkragting het op 28 Mei 2016 plaasgevind.

Ingeforseer

En op klag 4 – die verkragting van ’n 35-jarige vrou wat op 3 September 2016 naby Mpundu plaasgevind het – is hy ook lewenslank tronk toe gestuur.

Tydens hierdie voorval het hy homself by ’n vrou se huis ingeforseer en haar vasgedruk terwyl hy probeer het om haar selfoon te vat.

Die aanklagte sal gelyk­lopend uitgedien word, wat beteken hy sal vir die res van sy lewe agter tralies wees.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, is dankbaar vir die strawwe vonnisse wat opgelê is.

Verder is sy vol lof vir die speurders vir hulle puik ondersoekwerk.

Sy sê: “Tydens die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders was ons buite dié hof en het ons gevra vir swaar vonnisse.

“Ons versoek het nie op dowe ore geval nie.

“Ons het ons ook daartoe verbind om voort te gaan met ons stryd teen geslagsgeweld en seksuele oortredings.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters