21 dae gelede
Rape-verdagte gou-gou vas
MISDAAD: ’n Vermeende rapist verskyn môre in die landdroshof.  ~ Foto ter illustrasie

UITSTEKENDE samewerking tussen ’n privaat sekerheidsmaatskappy, buurtwaglede en die cops het gelei tot die spoedige inhegtenisname van ’n vermeende rape-verdagte gisteroggend op die N2-snelweg.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê omstreeks 06:50 het ’n 18-jarige tiener langs die Seaview-pad in Chelsea gestaan en wag vir vervoer toe ’n onbekende man haar nader.

Volgens Naidu het die verdagte die tiener gevra om saam met hom te loop.

Toe sy weier, toe gryp hy haar aan die arm en neem haar na nabygeleë bosse. Hy het haar na bewering daar verkrag. Die verdagte het na bewering ook die tiener se selfoon gesteel.

Gefynkam

Volgens Naidu kon die vrou daarin slaag om huis toe te gaan om die voorval aan te meld.

Lede van ’n privaat sekerheidsmaatskappy het onmiddellik die omgewing gefynkam op soek na die verdagte.

Volgens Naidu is die 29-jarige verdagte langs die N2-snelweg naby Baywest gevind.

Die gesteelde selfoon was in sy besit.

Hy is in hegtenis geneem en word aangehou op klagte van verkragting en roof.

Die verdagte sal na verwagting môre in die Baaise landdroshof verskyn.

Genl.maj. Thembisile Patekile, Nelson Mandelabaai se distrikskommissaris, het die die sekerheidsmaatskappy en buurtwag geloof omdat hulle onmiddellik na die verdagte begin soek het.

Patekile sê ’n vennootskap tussen die polisie en publiek moet ondersteun en versterk word deur alle burgers en gemeenskappe.

“Dit is deur hierdie aktiewe vennootskap dat ons in staat is om saam te werk om misdaad te verminder en te voorkom binne die gemeenskappe wat ons dien.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters