Verlede maand
R5,2 m. se pay om tuis te sit
DR. PUMZA DYANTYI Foto verskaf  ~ 

DIE Oos-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling het reeds sowat R5,2 miljoen uitbetaal aan salarisse van 34 geskorste amptenare.

Klagte van korrupsie en finansiële wanbestuur staar dié amptenare in die gesig.

Volgens die DA sit ag van die amptenare wat die departement reeds R1 miljoen gekos het, steeds by die huis, berig Algoa FM News.

Dit terwyl hulle wag dat die appèlle teen hulle dismissals­ gefinaliseer word.

Hierdie sake was tussen 2015 en 2018.

Dr. Pumza Dyantyi, die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, sê in ’n geskrewe reply op ’n vraag van die DA ondersoeke teen die 34 amptenare is reeds afgehandel en klagte is teen hulle gebring.

Altesaam 27 van dié amptenare is van die Nelson Mandelabaai-omgewing.

Kobus Botha, ’n DA-LW, sê Dyantyi het onthul in 18 van die sake het die appèl-owerhede die appèlle van die hand gewys.

In nog 11 sake wag amptenare nog dat hulle appèlle gefinaliseer word.

Van die vyf oorblywende sake is twee amptenare ontslaan, een het die klagte laat terugtrek, een het sy voorlopige skorsing laat lig, terwyl een gesterf het terwyl hy gewag het dat sy appèl gefinaliseer word.

Botha sê ’n breakdown het verskeie dinge aan die lig gebring.

Hy verduidelik: “In 2015 is R1,13 miljoen uitbetaal aan twee amptenare voordat hulle ontslaan is.

“In 2016 is geen amptenare geskors wat met betaalde verlof was nie.

“In 2017 is R2,25 miljoen aan 17 amptenare uitbetaal.

“In 2018 is R871 000 uitbetaal­ aan sewe amptenare wie se sake gefinaliseer is.

“ ’n Verdere R949 000 is tot nou uitbetaal aan ag amptenare wat wag op die uitslag van hulle appèlle teen hulle ontslag.

“ ’n Bekwame onder­soeker moet onmiddellik aangestel word om te verseker dat hierdie ondersoeke en dissiplinêre verhore gefinaliseer word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters