19 dae gelede
‘Praat en roei die euwel uit’
wys hul support: Chad Cairncross kyk hoe Sherwin Andrews picket.  ~ 

’N HANDJIEVOL jong mense het Saterdag opgeruk na Standfordweg in die Baaise Northerns en deur middel van picketing hul stem dik gemaak teen geslagsgebaseerde geweld.

Die event is in die sosiale media geadverteer. Dit was hoofsaaklik jong mense wat deelgeneem het.

Son het met ’n paar van hulle gesels om hul mening oor geslagsgebaseerde geweld te kry.

Sherwin Andrews dink die probleem begin by alle mans.

Fondasie

Hy sê baie mense het vriende wat comments maak oor vroue wat die vroue objectify.

Volgens hom lyk dit in daardie stadium na iets kleins, maar in die bigger scheme of things is dit die fondasie van die probleem waarmee die land vandag sit.

Andrews sê hy dink vroue moenie meer deur dié soort ding gesit word nie.

Toe hy op universiteit was, moes studente met ’n projek vorendag kom.

Hulle het besluit om op gender-based violence te konsentreer.

Volgens Andrews is hy sedertdien baie passionate oor die stryd teen geweld teen vroue. Hy sê in hul studies het hulle gevind baie mense voel nes hulle.

Volgens Andrews het hulle dit nie verwag nie, maar dit het hulle destyds al laat besef hoe groot die probleem van geslagsgebaseerde geweld is.

“Dis hartseer dat dit nog altyd ’n probleem was, maar dat niks nog daaromtrent gedoen is nie.”

Andrews sê hy ken nie iemand wat ’n slagoffer van gender-based violence is nie, maar dit beteken nie dit gebeur nie.

Uitpraat

Volgens Andrews moet mense hul vriende educate. Hy sê sodra jy gender-based violence sien gebeur, moet dit gestop word.

Vroue, sê Andrews, moet uitpraat sodat hulle gehelp kan word.

Chad Cairncross sê op sy beurt volwassenes moet kinders educate oor hierdie soort geweld.

Hy sê sy message vir ’n jong seun is om nie iets te word waarvan jy nie hou nie en om nie iets te doen wat jy nie likes om te sien nie.

Volgens Cairncross het die samelewing ’n kultuur van silence geskep, maar dit is nou besig om te verander omdat daar gehoor gegee word aan stemme.

Cleagon Marthinus sê hy het die picketing kom bywoon sodat sy stem gehoor kan word omdat mense te stil is oor gender-based violence. “Hierdie ding gebeur rondom ons almal. Dis verkeerd om stil te bly daaroor.”

Volgens hom moet die geweld teen vroue eens en vir altyd stopgesit word omdat mense weet dit is verkeerd.

Linique Marthinus sê mans moet vroue respekteer en hulle nie mishandel nie. Volgens haar is vroue spesiaal.

Greshanda Bouwers sê vroue moet oukei wees daarmee om te sê wat hulle wil sê en hulle moet toegelaat word om dit te sê.

Sy sê jong seuns moet leer van hul pa’s en broers.

Volgens haar is moord nie oukei nie. Sy dink ook nie ’n life sentence daarvoor is goed genoeg nie.

Sy meen ’n life sentence stuur aan oortreders ’n boodskap uit dat dit oukei is om te doen waarmee jy besig is en al is dit verkeerd, gaan jy net tronk toe sonder om eintlik te betaal vir wat jy gedoen het.

Volgens haar moet ’n man wat ’n vrou vermoor die doodstraf kry.

Andrea Williams sê op haar beurt sy condone glad nie geweld nie.

Sy sê mans moenie vroue seermaak of verkrag nie.

Vernietig

Sy wil weet wat van ’n vrou se liggaam party mans laat dink hulle kan vat wat aan die vrou behoort – soos ’n vrou se onskuld.

Williams sê verder mans wat byvoorbeeld ’n ses maande oue baba verkrag, vernietig daai kind se hele lewe. Sy wil weet: “Hoekom word ’n vrou hierdeur gesit?”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters