12 dae gelede
Polisie vang drie vir bedrog
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Spietkop en twee adminklerke is gevang vir bedrog.  ~ Foto ter Illustrasie

DIE polisie het ’n spietkop en twee administratiewe klerke gister by die Kirkwood-verkeersdepartement in Nelson Mandelabaai tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagtes – wie se ouderdomme wissel van 32 tot 46 jaar – is in samewerking met die nasionale departement van vervoer en misdaadintelligensie in Uiten­hage gevang.

Vervalsing

Hy sê voorlopige ondersoekwerk dui daarop die beamptes was betrokke by die bedrieglike uitreiking van leerling-bestuurslisensies en rybewyse aan aansoekers.

Hy sê ’n oudit sal gehou word om die omvang van dié aktiwiteite vas te stel.

Volgens Kinana is sake wat wissel van bedrog, vervalsing en korrupsie geregistreer vir verdere ondersoek.

Die verdagtes sou na verwagting gister in die Uitenhage Landdroshof verskyn het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters