4 maande gelede
Polisie soek twee ná skietvoorval
Kol. Priscilla Naidu  ~ foto verskaf

DIE polisie ondersoek twee sake van poging tot moord ná ’n skietvoorval Saterdagaand in die Baaise Northerns waarin twee mense gewond is. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n groep mans het omstreeks 21:30 weggestap van ’n tavern in Kobusweg in die rigting van Gailweg.

Twee mans het hulle agtervolg.

Losgebrand

Die verdagtes het die mans toe skielik van albei kante genader, waarna een van hulle ’n vuurwapen uitgepluk en op die mans losgebrand het.

Die een man (30) het veelvuldige skietwonde opgedoen.

Nog een (41) is in die rug geskiet.

Volgens Naidu is daar nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters