12 dae gelede
Polisie soek ‘shopper’
AO Alwin Labans  ~ Son

DIE cops in Humewood soek Sonlanders se hulp in hulle ondersoek na ’n rooftog by ’n winkel in Havelockstraat in Sentraal in die Baai.

AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, sê die 22-jarige klaer het 22:00 Dinsdag agter die counter in die winkel gewerk toe ’n onbekende man by die winkel inkom.

“Die man het na die rakke gegaan en verskeie items kruideniersware afgehaal en in ’n boks gesit. Daarna het hy na die counter gegaan, waar hy pepper spray uitgehaal en die klaer in die gesig gespuit het.

Gesteelde

“Die rower het toe na agter die counter gegaan, waar hy kontant en airtime gevat het. Hy het te voet gevlug.”

’n Sakeroof word ondersoek. Die polisie waarsku ook die publiek om die cops onmiddellik in te lig as iemand die gesteelde goedere aan hulle sou probeer verkoop.

“Dis teen die wet om gesteelde goedere te koop.”

Enigeen met inligting word versoek om konst. Jocelyn Williams by 078 657 5101 te bel.

Inligting kan ook aan die Humewood-polisiestasie by 041 504 5000 deurgegee word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters