Verlede jaar
Polisie bekyk twee voorvalle
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons  ~ 

COPS in Walmer soek na verdagtes wat een persoon doodgeskiet en ’n ander gewond het in twee afsonderlike voorvalle.

Die een voorval het gister in die vroeë oggendure in die Baai plaasgevind.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê omstreeks 01:45 is ’n 35-jarige man doodgeskiet terwyl hy in sy BMW gesit het.

Enoch Mpfunde van Sakhasonke­ Village het ná die skietery probeer wegry.

Sy kar het 50 m verder – op die hoek van Goniwe- en Qongqothwanestraat in die Walmer- informele nedersetting – tot stilstand gekom.

Die omstandighede rondom die skietvoorval is in dié stadium nog onbekend.

Die polisie ondersoek ’n moordsaak.

In nog ’n voorval – nie ver vanwaar bovermelde voorval plaasgevind het nie – het onbekende persone verskeie keer op ’n 28-jarige man geskiet.

Dit het gevolg nadat die verdagtes hom glo by ’n tavern­ uitgesleep het.

Volgens die cops beweer die man dat hy omstreeks 01:30 by die volgepakte tavern ingestap­ het en deur die verdagtes plat op die vloer gegooi is.

Die verdagtes het hom begin aanrand, waarna hulle hom na buite gesleep en op hom losgebrand het.

Die verdagtes het toe weggehardloop.

Die gewonde man is na ’n hospitaal geneem met skietwonde aan sy skouer, agterstewe, bobeen en bors.

’n Dossier van poging tot moord is aangelê.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes­ by albei voorvalle betrokke was.

Die polisie vra die gemeenskap­ om hulle te help met inligting oor die verdagtes.

Inligting kan ook anoniem aan die polisie gekommunikeer word.

Enigeen met inligting oor die voorvalle kan die speurders by Walmer-polisiestasie bel by 041 581 1496 of 041 509 4007.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters