26 dae gelede
Plattelandse taxigeweld eis 8, polisie kap groepie toe
 ~ 

SES verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op sewe mans en ’n vrou in die dorp Mpheni in EmaXesibeni in die Oos-Kaap se Umzimvubu-munisipaliteit.

Dit volg op ’n geveg tussen twee groepe mans van die dorpies Mpheni en Nokhatsheli Vrydagoggend ná ’n dispuut oor taxi’s en afleweringswaens.

Na verneem word, wil die een groep minibustaxi’s hê terwyl die ander die gebruik van bussies bekend as “ooquqa” ondersteun.

Die polisie is toe in die Mpheni-gebied ontplooi om die situasie te monitor.

Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het ’n beroep gedoen op inwoners se samewerking met die polisie se ondersoek.

Die ses verdagtes is toegekap nadat hulle uit die hospitaal ontslaan is. Nog drie verdagtes is steeds in die hospitaal.

Hulle word aangekla van openbare geweld, moord en gesinsgeweld.

Die polisie het saam met SANW-lede gewerk om die verdagtes op te spoor.

Vroeër het die nasionale polisiewoordvoerder, brig. Vish Naidoo, gesê hulle het die weermag se hulpbronne nodig gehad om die verdagtes vas te trek.~SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters