4 maande gelede
‘Plan teen crime begin gou’
Karen KempFoto: deon ferreira  ~ 

DIE Bethelsdorp-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) stel binnekort ’n nuwe veldtog – Goodwill Grassroots – bekend.

Karen Kemp van die GPF sê die veldtog is daarop gemik om misdaad te verminder en om inwoners bewus te maak wie die mense en organisasies is na wie hulle kan uitreik oor misdaad.

“Die organisasies wat daar is om te help, is die Bethelsdorp-polisie, die Bethelsdorp lay counsellors en enige ander dienste wat ons by die GPF-kantoor aanbied om misdaad te bestry, te laat afneem en dit aan te meld.”

Sy verduidelik dit is ’n Know-your-neighbour-veldtog waar ambassadeurs oor vier weke huisbesoeke in ’n gedeelte van Bloemendal sal doen.

“Ons gaan begin in Bertramweg, tot by ’n kerk in Ackeerstraat. Die grens sal Lawrence Erasmusrylaan wees. Ons mobiliseer mense en moet nog die logistics regkry.

“Ons het donasies nodig vir T-shirts, wit ballonne en wit linte.”

Kemp voeg by hulle ontwerp ook ’n sticker.

“Elke huis wat klaar besoek is, sal ’n sticker kry om teen hul venster of deur te plak.”

’n Vergadering met alle rolspelers word Maandag in die raadsaal van die Bethelsdorp-polisiekantoor gehou.

Kemp het ’n beroep op vrywilligers gedoen om by die veldtog betrokke te raak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters