11 dae gelede
Perd op N2 eis 2 lewens

TWEE mans is dood en een ernstig beseer nadat hul voertuig teen ’n perd vasgery het.

Die perd was in die middel van die N2-snelweg naby Oos-Londen.

Charles Bramwell, adjunk-direkteur van provinsiale verkeer, sê die insittendes het van King William’s Town gereis (in ’n BMW-stasiewa) toe hulle Dinsdag skuins voor 01:00 teen die perd vasgery het.

Die insittendes se ouderdomme wissel van 18 tot 23 jaar.

Die perd is op die ongelukstoneel dood.

’n Dossier is by die Berlyn-polisiestasie aangelê.

Bramwell sê die oor­ledenes is na die Mdan­tsane-lykshuis geneem, terwyl die oorlewende na die Cecilia Makiwane-hospitaal gerush is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters