13 dae gelede
Pensini kry trekpas oor vloekery
Councillor Lindelwa Penisi will also face disciplinary action for insulting villagers.  ~ 

HAAR uitlatings het gemaak dat ‘n ANC-raadslid in die Oos-Kaap die trekpas gegee is.

'n Video is gemaak van Lindelwa Penisi van die Raymond Mhlaba-munisipaliteit wie Sondag op inwoners, wie gewag het vir water, vloek.

Sy noem onder meer ‘n groep lede van die gemeenskap ook “onbesnyde seuns” en gebruik herhaaldelik die F-woord.

Op ‘n video kan Pensini duidelik in isiXhosa gehoor word waar sy ‘n man probeer stilmaak deur hom te sê hy het nie ‘n reg om met haar te praat nie, want hy het nie vir haar gestem nie. 

Penisi sê: “Ek gee nie om nie, bel hulle wie vir my gestem het. Gaan voort, jou stuk k*k.

“F*k jou, jou onbesnyde seun. Gaan besny jou, ek is nie bang nie.”

Sy noem ook aan hom dat hy ‘n watertenk uit sy eie sak kan huur, as dit is wat hy wil doen.

EWN berig die gemeenskap in die munisipaliteit sukkel vir weke al met die water in die omgewing. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters