'N 33-JARIGE is deur speurders van Kabega Park in Port Elizabeth vir die moord op sy meisie in Rocklands gearresteer.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, 'n polisiewoordvoerder, sê: "Die 34-jarige Vuyokazi Faba is Maandag vermoord.
"Die verdagte het Faba vermoedelik uit die huis gesleep en met 'n byl aangerand.
"Sy is later in die hospitaal oorlede."
Volgens Janse van Rensburg het speurders 'n oproep oor die voorval ontvang.
"Hulle is na Port Alfred waar die verdagte by die woning van 'n familielid gearresteer is. - AlgoaFM