13 dae gelede
Panayiotou wend hom tot hoogste hof
PE
Christopher Panayiotou.  ~ netwerk24

CHRISTOPHER Panayiotou, die baasbreis agter sy vrou, Jayde, se moord, gaan nou die konstitusionele hof nader om sy skuldigbevinding ter syde te stel.

Panayiotou  het twee mans, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko, gekry om vir Jayde dood te maak.

Haar liggaam is op 22 April 2015 op ? oop stuk veld naby Uitenhage in Port Elizabeth gevind. Sy was drie keer geskiet.

Panayiotou is in November 2017  tot lewenslank tronkstraf gevonnis. Nenembe is ook ? lewenslange vonnis opgelê terwyl Sibeko 15 jaar vir samewering tot moord gekry het.

Panayiotou het sedert sy straf  desperaat probeer om te appelleer. Sy pogings in die Port Elizabeth-hooggeregshof en die appélhof het sover misluk. - News24

 
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters