13 dae gelede
Pa vas vir dogter (4) se verkragting
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Oos-Kaapse pa is toegekap oor die verkragting van sy dogter.  ~ Foto ter illustrasie

'N OOS-KAAPSE pa is gearresteer vir die verkragting van sy vierjarige dogter .

Die beweerde verkragting het die afgelope naweek op 'n plaas naby Comfimvaba in die Chris Hani-distriksmunisipaliteit gebeur.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder, sê die ma het die betrokke dag vroeg opgestaan om in die tuin te werk. Die vierjarige het by haar pa geslaap.

"Toe sy terugkom, wou sy haar dogter was, maar sy het geweier. Toe sy haar verder uitvra, het die meisie vertel wat gebeur het," sê Mdleleni.

Die pa se arrestasie kom ná 'n 59-jarige man 18 jaar tronkstraf opgelê is vir die verkragting van sy 18-jarige stiefdogter in Butterworth. - EWN


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters