9 maande gelede
Ouma byt vas teen inbreker
Kapt. Jackson ManathaFOTO verskaf  ~ 

’N OUMATJIE van die Oos-Kaap het glo ’n jong wannabe rapist in ’n dorpie naby Cen­tane gebyt.

Kapt. Jackson Manatha, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het Woensdagaand gebeur.

Die vrou was alleen tuis aan die slaap toe die 20-jarige jong by haar huis inbreek en haar begin aanrand.

“Sy het wakker geword en die verdagte gebyt, waarna hy weggehardloop het.”

’n Klag van poging tot verkragting is geopen. Lede van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seks-oortredings het die verdagte­ later daardie dag gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters