2 maande gelede
Oues, sieklikes eis clinic terug
bot toe: Die Helenvale-kliniek is sedert Desember gesluit.  ~ 

DIS veral oumense, sieklikes en kinders wat deurloop nadat die Helen­vale-kliniek in die Baaise noordelike gebiede twee maande gelede gesluit is.

Daarom het opgewerkte inwoners gister ’n vreed­same march van Die Gaat na die kliniek in Gailweg gehou.

Tientalle marchers het saam “We want our clinic back” en “Stop the shoot­ing” geskree en so die aandag getrek van ander in­woners, wat hulle by die betoging aangesluit het.

Sharlene Steyn, die ondervoorsitter van die Helenvale-kliniekkomitee, sê die kliniek is sedert Desember gesluit.

Dit is ’n langdurige probleem, want die kliniek het vantevore al sy deure toegemaak weens bendegeweld. Daarom het die inwoners nou die veldtog #SaveOurClinic begin.

NOOD: Kinders, oumense en sieklikes betoog omdat hulle nie gesondheidsdienste in hul area het nie.Foto’s: Deon Ferreira

Die polisie het hul belofte nagekom deur elke dag ’n voertuig voor die kliniek te ontplooi, maar dit hou die skollie-elemente steeds nie weg nie.

“Die local gang is gesplit in twee groepe en dis nou hulle battlefield. In die jongste voorval het ’n skollie die susters in die kliniek gedreig. Die polisieteenwoordigheid het gehelp tot ’n certain extent, maar ál die departemente moet saamwerk,” sê Steyn.

Magdalene Skutte, wat op die kliniekkomitee dien en gestremde mense verteenwoordig, sê ál die pasiënte sukkel nou om by die Malabar-kliniek uit te kom.

“Daar is mense wat nie daarheen kan gaan nie en dit beteken hulle kan sterwe sonder hul medikasie.”

Sylvia Claassen is nie meer vandag se kind nie en sê sy moes R50 vir vervoer betaal om haar bloeddrukpille in Malabar te gaan haal. “Ek was amper dood, want ek kan nie altyd by die kliniek uitkom nie.”

Chantelle Oliphant het onlangs in Gailweg na die Malabar-kliniek toe geloop vir medikasie. Op pad het twee ouens haar gegryp om vermoedelik vieslike en onheilige dinge met haar aan te vang.

Onaanvaarbaar

Sy het terugbaklei, en haar hulpkrete het die aandag van inwoners getrek.

Dit het die twee mans laat spaander.

Sharlene Steyn

André Goeda, ’n gemeenskapsontwikkelingswerker, sê die situasie is onaanvaarbaar.

Hy gaan ’n petisie aan die gesondheidsdepartement stuur. Hy eis dat die Oos-Kaapse LUR van gesondheid, Helen Sauls-August, na Helenvale kom.

“Mense val flou op pad na die Malabar-kliniek toe.

“Daar is pasiënte met TB en MIV/vigs wat hul medikasie nodig het. Hul reg tot gesondheidsdienste word geskend.”

Lwandile Sicwetsha, ’n woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê: “Die kliniek is tydelik gesluit vir die veiligheid van pasiënte en personeel. Die pasiënte word behandel by die Malabar-kliniek totdat law enforcement aandag gee aan die gemeenskap se safety issues.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters