2 maande gelede
Ouers stel toets vir grootkoppe
vergader saam: A.G. Recit is die waarnemende skoolhoof. Foto’s: theo jeptha  ~ 

OUERS van leerders aan die Primêre Skool CW Hendrickse in Rose­dale, Uitenhage, sal hopelik vandag weet wat ’n omstrede onnie se lot is.

Son het Vrydag berig oor beweringe dat die onder­wyseres onder meer van leerders verwag om in skooltyd haar voete en skouers te mas­sage. Naweke word die kinders dan met huiswerk oorlaai om vir die verlore tyd te vergoed, is beweer.

Van die ander klagtes wat ingedien is, is dat sy in die kinders se teenwoordigheid vuil taal gebruik.

Vrydag het ouers die skoolhekke gesluit, onderrig ontwrig en saam met lede van die skool se beheerliggaam voor die skool ge-picket om hulle ontevredenheid met dié onnie te wys.

Kinders moes by die skoolhek omdraai en is terug­gestuur huis toe.

Irving Minnie, adjunkvoorsitter van die skool se beheerliggaam, sê die ontevrede ouers­, afgevaardigdes van die depar­tement van onderwys en die waarnemende skoolhoof, A.G. Recit, het Vrydag vergader.

Op die vergadering is besluit dat die ouers hulle klagtes op skrif stel.

baie upset: Goodwill Pokolo se dogter is ook in die betrokke onnie se klas. i

Die klagtes sal dan na die departement van onderwys deurgestuur word en daarna ook na die departement van arbeid.

Rachida Allie, ’n ouer en lid van die skool se beheerliggaam, sê terwyl die meeting in die betrokke onnie se klaskamer aan die gang was, het die einste onnie vinnig ’n turn daar gegooi en is toe weg – sonder om ’n woord te sê. Volgens haar het die ouers nie nog note van die onnie gevat nie en hulle kalm gehou. Sy sê die meeting het minder as ’n halfuur geduur.

Natgemaak

Allie sê die ouers het laat weet as die departement hulle teen vandag nog nie ’n antwoord kan gee nie, gaan hulle weer die skool se hekke sluit.

Vrydag het ’n ouma ook beweer haar kleinkind het nog nooit bed natgemaak nie. Die kind doen dit egter sedert sy in dié onnie se klas is.

’n Ander ouer beweer haar kind kry fits sedert hy in die onderwyseres se klas is – iets wat hy nooit voorheen gekry het nie.

Allie beweer ook die onnie het vir party kinders ongemagtigde medikasie gegee. Van die kinders se maag het glo toe gewerk en hulle het opgegooi. Goodwill Pokolo, ook ’n ouer, wou weet wat sou gebeur het as van die kinders allergies vir daardie medikasie is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters