6 dae gelede
Ouers gewaarsku
hartseer: Kinders krap ook rond op die ashope.Foto: mpumi kiva  ~ 

MOSSELBAAI se munisipaliteit het ouers gewaarsku hy gaan optree teen hulle as hul kinders tydens lockdown op die ashope goed optel.

Talle kinders van tussen vyf en tien jaar oud is gesien waar hulle op die tiep by die Barcelona-plakkerskamp in KwaNonqaba naby Mosselbaai skarrel.

Covid-19 volunteers het die kinders huis toe gestuur.

Nicolene Stevens (39), ’n inwoner wat naby die dump­site bly, sê dis ’n algemene gesig dat die kinders sonder enige beskerming buite speel.

Dis ook sonder enige toesig van hul ouers.

“Dis kommerwekkend. Die wêreld veg teen Covid-19 en ál manier om veilig te wees, is om by jou huis te bly.

Strate

“Ek is bekommerd dat ouers die lockdown-wette oortree. Law enforcement moet optree teen die ouers.”

Nickey le Roux, ’n senior kommunikasiebeampte van die Mosselbaai-munisipaliteit, sê hulle is ook bekommerd dat kinders in die strate speel, weg van hul huis en hul ouers se wakende oog.

“Law enforcement sal in die lockdown-tydperk teen die ouers optree.”

Tommy Phillip, ’n gemeenskapsleier in die area, vra ouers om te sorg dat hul kinders nie buite rondloop nie.

“Dis ’n ernstige probleem. Ouers moet hulle kinders oppas. Die lockdown-reëls is steeds daar.”

Sers. Kappie Kapp, ’n woordvoerder van die KwaNonqaba-polisie, vra ouers en gemeenskapslede om die lockdown-reëls na te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters