15 dae gelede
Ouers gesoek ná taxi rowers tref
Kol. Priscilla Naidu  ~ 

KORT nadat twee laities ’n vroulike ry­loper probeer rob het, is een van hulle doodgery.

Die voorval het Saterdag omstreeks 16:45 op die N2 naby Kabegapark in die Baai plaasgevind.

Die polisie soek nou dringend na die ouers van die twee seuns.

Die kinders is 12 en 13 jaar oud.

Kol. Priscilla Naidu, ’n woordvoerder van die polisie, sê die twee seuns wou ’n vrou beroof wat op die N2 na Mosselbaai toe gehike het.

Toe ’n motoris stilhou om die vrou te help, het die twee seuns oor die snelweg gehardloop.

Ernstige

’n Quantum-taxi wat in die rigting van Port Elizabeth gery het, het hulle getref.

Een van die seuns is op die toneel oorlede.

Die ander seun is in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Volgens Naidu is albei seuns bruin.

Hulle is vermoedelik van Helenvale.

Sy sê iemand het vir die polisie die oorledene se naam gegee, maar dit is onbekend waar presies die kind woon en of dit ooit sy korrekte naam is.

Enige iemand met inligting oor die whereabouts van die twee kinders se ouers word gevra om die polisie in Kabegapark by 041 397 6802 of 041 397 6867 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters