15 dae gelede
Oud Mayor Bobani sterf
BLY: Mongameli Bobani sê die nuwe leierskap beweeg aan sonder die DA-koalisie.  ~ 

NUUS het laat Woensdag bekend geword van die dood van die voormalige mayor van Nelson Mandelabaai, Mongameli Bobani.

Die oud mayor is sowat drie weke gelede in die hospitaal opgeneem nadat hy aan 'n tekort aan asemhaling gehad het.

Sy regsverteenwoordiger, Danie Gouws, het destyds gesê hulle was toe bekommerd oor een van Bobani se longe.

Kort nadat Bobani in die hospitaal opgeneem is, is raadslede van die Baai versoek om 'n Covid-toets te doen aangesien hulle 'n raadsvergadering bygewoon het waar Bobani ook teenwoordig was.

Bobani is in Desember 2019 deur 'n mosie van wantroue as mayor uitgestem.

Hy is in Augustus vanjaar as burgemeesterskomiteelid belas met infrastruktuur en engineering deur die waarnemende mayor, Tshonono Buyeye, aangestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters