Verlede maand
Oud-ANC-hoof brand om nie tronk toe te gaan nie
'n Voormalige bigshot ANC lid het homself gebrand toe hy cops met kookwater gegooi het  ~ Foto ter illustrasie

’N VOORMALIGE bigshot van die ANC het gebrand om weg te kom – letterlik.

In ’n poging om arrestasie te ontduik, het Zolani Xego, ’n voormalige departementele voorsitter in Buffalo City na bewering kookwater na polisiebeamptes gegooi.

Anelisa Ngcakani, Oos-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, verduidelik dat Xego homself in die huis toegesluit het toe beamptes hom in hegtenis wou neem.

Die die beamptes probeer inkom, het Xego na bewering kookwater na hulle gegooi.

Xego moes hom op 10 Mei by die klerk van die Oos-Londen landdroshof aanmeld om ’n gevangenisstraf van agt jaar te begin uitdien, maar hy het dit nie gedoen nie.

Ngcakani sê daar is toe ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Fake sy dood

Die hof het Xego in Januarie 2015 tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy sy eie dood gefake het om lewensdekking van R3,6 miljoen te eis.

Die hooggeregshof in Grahamstad het Xego se appèl hierteen in Oktober 2018 verwerp. Die hof het wel sy gevangenisstraf van 15 jaar tot 8 jaar verlaag.

Xego het borgtog van R5?000 gekry ??nadat hy aangedui het dat hy ’n versoekskrif by die appèlhof gaan indien. Hy het dít egter geensins gedoen nie.

“Toe die polisie om 07:00 by sy huis in Southernwood, Oos-Londen, aankom, het Xego hulle toegang geweier.

“Toe hulle uiteindelik toegang verkry het, het hy na bewering kookwater na hulle gegooi.”

Ngcakani sê Xego het homself eers oorgegee toe sy prokureur by sy huis aankom. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters