Verlede maand
Ou ‘wou hê kid moet ma rape’
SEBENZILE SIMANE Foto’s: THEO JEPTHA  ~ 

GRUESOME getuienis is vervat in die klagstaat in ’n saak van ’n man wat na bewering getry het om ’n kind van Hankey te dwing om seks met sy eie ma te hê.

Die beskuldigde het die ma daarna twee keer verkrag.

Sebenzile Simane (32) van Hankey het gister vlugtig in die Baaise hooggeregshof verskyn op ’n rits klagte.

Dit sluit in verkragting, poging tot verkragting en ’n klag wat daarmee verband hou dat kinders gedwing is om seksuele dade te aanskou.

Simane staan ook tereg op vier klagte van poging tot moord, vier van ontvoering, ’n klag van roof met verswarende omstandighede, ’n klag van huisbraak met die opset om te roof en ’n klag van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Simane was ’n werker op ’n plaas wat besit word deur die klaagster se man.

Luidens die klagstaat het die ma en haar kinders op 25 Maart 2017 in die huis ontspan nadat hulle teruggekeer het van skool en werk.

Terwyl die ma in haar kamer gechill het, het sy gunshots gehoor.

Die kinders, wat in daardie stadium in die sitkamer televisie gekyk en geëet het, het toe ingehardloop by die kamer waar hulle ma was.

Die klaagster het toe die kamerdeur toegeruk.

Luidens die klagstaat het Simane, wat met ’n vuurwapen gewapen was, toe die huis binnegegaan.

Hy het glo gestap na die ma se slaapkamer en skote deur haar kamerdeur afgevuur.

Simane het na bewering toegang tot die kamer verkry en gedreig om een van die kinders dood te skiet.

Hy het luidens die klagstaat aangedring om die kluis te sien, en dit is toe aan hom uitgewys.

Simane het die ma en haar kinders na bewering tot in die liv­ing room geforce en hulle met kabels vasgebind.

Die beskuldigde het toe na bewering twee sigarette aangesteek en een aan die ma gegee om te rook.

Luidens die klagstaat het Simane een van die kinders probeer dwing om met die ma seks te hê.

Toe die ma weier, het hy haar glo na die slaapkamer geneem en verkrag. Hy het toe na bewering haar minderjarige dogter gaan haal en haar na die ma se slaapkamer geneem.

Daar het hy glo die meisie se klere uitgetrek en probeer om haar te verkrag.

Die ma het hom gesmeek om haar dogter uit te los en haar eerder te verkrag.

Geld

Simane het toe glo die ma in die teenwoordigheid van haar dogter verkrag. Hy het toe na bewering items in die huis bymekaargemaak.

Simane het die ma na bewering gedwing om hom te neem na ’n OTM, waar hy twee keer geld uit haar rekening getrek het.

Hy het haar toe glo beveel om terug te ry plaas toe.

Daar het hy haar opdrag gegee om die kinders op te laai en hospitaal toe te gaan.

Die polisie is ontbied nadat die ma by die naaste huis om hulp aangeklop het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters