10 dae gelede
Ou voor vir moord op girlfriend
 ~ 

DIE verhoor van ’n man wat daarvan aangekla is dat hy sy girlfriend aangerand en toe haar lyk aan die brand gesteek het, is gister in die Baaise hooggeregshof tot eerskomende Maandag uitgestel.

Die beskuldigde is Siviwe Khusani (27) van Motherwell.

Luidens die klagstaat is Azintle Feni (25), die slagoffer, en haar cousin Andile op 16 Junie 2018 van haar huis af na ’n partytjie in Mkhombestraat in Motherwell.

Op pad daarheen het hulle Khusani teëgekom. Azintle en Andile het toe in Khusani se kar geklim. Hulle het toe by FG’s Tavern ’n paar biere gedrink.

Luidens die klagstaat het Azintle opgehook met haar eks-boyfriend, ene Vuyani, en hulle het begin chat.

Afgelaai

Toe Khusani dit sien, het hy demand dat sy huis toe gaan. Azintle het geweier.

Khusani en Andile het Azintle toe in die kar gedwing en na NU8 gery. Op pad na NU8 het Azintle uit die kar geklim.

Toe Andile haar wou agternasit, het Khusani hom gestop en gesê sy sal self later huis toe gaan. Khusani het toe vir Andile afgelaai.

Luidens die klagstaat het Khusani teruggekeer na Azintle terwyl sy nog besig was om na NU8 te stap. Hy het haar in sy kar gedwing en met haar gery tot by die huis van ene Mthetheleli Mthana.

Beboste

Daar het Khusani Azintle na bewering aangerand en vermoor.

Volgens die staat het Khu­sani Azintle se liggaam in sy kar gelaai en gery na ’n beboste gebied naby NU5, Motherwell. Hy het Azintle se lyk uit die kar gehaal en aan die brand gesteek.

Op 29 Junie 2018 het dr. Greg Hanslo ’n nadoodse ondersoek gedoen.

Die oorsaak van haar dood kon weens ontbinding en blootstelling aan die vuur nie vasgestel word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters