8 dae gelede
Ou verskyn in hof ná cops drugs, ‘gun’ in flat vind
wapen: Dié “gun” behoort aan ’n security-maatskappy en is nooit as gesteel aangemeld nie. FOTO’S verskaf  ~ 

N MAN het gister in die Baaise landdroshof verskyn nadat hy met drugs en ’n vuurwapen in sy flat in Sesde Laan, Newton Park, betrap is.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê lede van die operasionele ingrypingspan van die Mountweg-polisie het die flat Dinsdag omstreeks 10:00 deursoek.

Hulle het ’n .38 Special-rewolwer, ammunisie, sowat R16 000 kontant, ’n klein hoeveelheid cocaine en 10 Mandrax-pille gekry.

Aangekla

Die vuurwapen behoort aan ’n security-maatskappy en is nie as gesteel aangemeld nie.

Die man is aangekla van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sowel as die handel in en besit van dwelms.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters