5 maande gelede
Ou vermoor sy ma, steek ousus
Foto:  ~ 

MOEDERSDAG het ’n bitter nadraai gehad vir ’n ma van Cotswold in Port Elizabeth toe haar seun haar na bewering doodgesteek het.

Die seun het ook sy suster met die skerp voorwerp aangeval, waarna hy selfmoord gepleeg het.

Luidens ’n polisieverklaring het die polisie Barbara Jane Sturdy (78) en Sandra June Coetzee (57), haar dogter, gevind waar hulle buite ’n huis in Kanariestraat gelê het.

Volgens die polisie het Coetzee haar ma omstreeks 20:30 by dié adres in Cotswold gaan aflaai.

’n Woordewisseling het toe glo tussen Sturdy en Maurice Pirzenthal (49), haar seun, ontstaan terwyl hulle nog buite die huis was.

Sturdy en Coetzee is albei in die nek gesteek.

Sturdy het op die toneel aan haar besering beswyk.

Coetzee is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.

Pirzenthal se lyk is in kar in die garage aangetref.

Daar word verneem hy het homself vergas.

Die polisie ondersoek nou sake van moord en poging tot moord.

’n Geregtelike doodsondersoek gaan ook gedoen word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters