29 dae gelede
‘Ou verkrag ses meisies op een dag’
Skokkend: ’n Man het na bewering ses meisies wie se ouderdomme van 6 tot 11 wissel, op een dag verkrag.  ~ Foto ter illustrasie: Son

’N MAN sal dié week in die hof verskyn nadat hy na be­wering ses jong meisies op een dag verkrag het.

Kapt. Namhla Mdleleni, ’n polisiewoordvoerder, sê die verkragtings het laas Dinsdag in die administratiewe gebied Maqhashu naby Lady Frere gebeur.

Die kinders van 6 tot 11 jaar oud was op pad skool toe toe die 29-jarige man hulle gestop het.

“Hy het na bewering gedreig om die meisies dood te maak, waarna hy hulle een ná die ander verkrag het.

Simptome

“Daarna het hy hulle gedreig om niemand van die voorval te sê nie.”

Die polisie sê vier dae later het een van die meisies se ouers “suspicious simptome” by die kind gesien en die polisie ontbied.

Nadat dit aan die lig gekom het dat die kind verkrag is, het die polisie na die ouers van die ander kinders gegaan om hulle ook vir mediese ondersoeke te neem.

Daarna is die ander verkragklagte gelê.

Die verdagte is Sondag gearresteer en sal binnekort in die landdroshof op Lady Frere verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters