2 maande gelede
Ou vat 4 na neef
Christiano Witbooi Foto’s: THEO JEPTHA  ~ 

“EK WOU nie sien hoe hulle my neef skiet nie.”

So het Franklin Matthys gister in die Baaise hooggeregshof getuig in die moordverhoor van Damian Kammies (23), Deilon Makoppa (31), Kurt Bosman (29), Chris­tiano Witbooi (19), Ashton Calvert (25) en Warren “Wakka­”­ Steyn (24).

Hulle staan almal tereg op aanklagte van onder­ meer ’n dubbele moord en brand­stigting.

Dis nadat Mohammed Gamieldien “Mielie” Abdullah en Deon Matthys op 19 November 2016 vermoor is.

Franklin het gister getuig op 19 November 2016 het hy, Tubbie Jones­, Charmaine Jones, Nigel Matthys en Devon Hahn agter in die yard van ene Milton se residence gesit.

Volgens hom het Kammies, Makoppa, Bosman en ene Kleebow so tussen 09:00 en 10:00 by die yard ingestap.

Hy sê Kammies wou by Nigel weet waar ene China is. Franklin sê toe hy weer sien, slaan Makoppa vir Nigel met ’n baseball bat dat die bat breek.

Volgens hom het Nigel weggehardloop.

Hy sê Kammies en Makoppa het toe na hom toe gestap en hom gevra waar China en Deon is.

Volgens Franklin het Kammies hom met ’n “lang gun” geslaan dat hy met sy regterarm moes keer.

Hy sê Makoppa het hom toe met ’n klip teen die kop geslaan dat daar van die kopvel losgekom het.

“Ál vier van hulle het my toe geskop.”

Volgens hom het Kammies toe gesê hy moet hulle wys waar Deon woon.

Volgens hom het hy agter Makoppa en Kammies geloop, terwyl Bosman en Kleebow agter hom gestap het.

By Deon se huis aangekom, sê Franklin, toe sit hy op die trappe omdat hy nie wou sien hoe sy neef geskiet word nie.

Volgens Franklin het Kammies en Makoppa by die shack ingegaan. Kleebow het vir Bosman ’n gun gegee om hom (Franklin) te watch.

Hy sê Bosman het die gun op hom gerig.

Gery

Volgens Franklin het hy tot drie skote hoor afgaan. Hy sê hy het niks anders as die skote gehoor nie.

Franklin sê die mans het toe in die bakkie geklim en gery. Hy sê hy wou nie gaan kyk hoe sy neef lyk nie en is toe huis toe.

Die saak dien voor regter Glen Goosen. Adv. Mujaahid Sanden kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters