7 maande gelede
Ou vas oor bedrog by OKOD
Owen Bruce James  ~ Foto Verskaf

’N MAN wat na bewering die provinsiale onderwysdepartement (OKOD) uit meer as R600 000 bedrieg het, moet nou sy lot in die hof face.

Die Oos-Kaapse afdeling van die Valke het Owen Bruce James (41) Sondag in Turffontein, Johannesburg, aangekeer.

Dít kom nadat die landdroshof in Zwelitsha in King William’s Town reeds in Maart 2016 ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik het.

James het Dinsdag in dié hof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal.

Die stelery het glo vir byna tien jaar aangegaan.

Dít was totdat die OKOD op 30 April 2010 ontdek het daar was 14 wederregtelike trans­aksies waarin die departement betalings aan vier skole gemaak het.

Daar word beweer die bank­besonderhede wat gebruik is om die geld oor te betaal, was nie dié van die regmatige begunstigdes nie.

Onttrek

Dit was eerder dié van James, sê Lwando Zenzile, ’n woordvoerder van die Valke.

’n Totale bedrag van sowat R600 000 is in sy rekenings oorbetaal.

Dié bedrag is op 1 April 2010 uit sy rekening onttrek.

Die regte interne prosesse vir die maak van betalings is ook nie gevolg nie.

James word nou op Dinsdag 18 Februarie weer in die hof verwag.

Hy sal dan na verwagting om borgtog aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters