2 maande gelede
Ou vas ná skietgeveg met cops
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Foto ter illustrasie deur Unsplash (Bill Oxford)  ~ Foto ter illustrasie

’N JONG man van die Oos-Kaap is die naweek na 'n skietgeveg met die polisie in hegtenis geneem. 

Die 25-jarige verdagte is Saterdag ná ’n hoëspoed-jaagtog, waarin hy gewond is, deur die polisie in Gqeberha vasgetrek.

Hy het ten tyde sy arrestasie 'n gekaapte Suzuki bestuur. 

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê polisiebeamptes het die sein van die tracker gevolg en die motor in KwaNobuhle, buite Kariega, opgespoor.

Die verdagte het die polisiebeamptes gewaar en op hulle begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en die bestuurder het weggejaag.

Die verdagte het kort daarna beheer van die Suzuki verloor en het in ’n heining vasgery. Hy is met ’n skietwond in sy lae rug in ’n plaaslike hospitaal opgeneem.

Hy staan tereg op aanklagte van onder meer poging tot moord, die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie en roekelose en nalatige bestuur. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters