5 dae gelede
Ou suip só erg, hy sit nou 20 j.
verkragter: Dié 28-jarige man is gister 20 jaar tronk toe gestuur vir rape.Foto: theo jeptha  ~ 

’N TB-LYER is gister vir 20 jaar tronk toe gestuur op ’n aanklag van rape nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Die rape-voorval het op 25 Junie 2016 by die Joe Slovo- informele nedersetting plaasgevind.

Luidens die pleitooreenkoms was die klaagster – die beskuldigde (28) se niggie – ten tyde van die afskuwelike voorval maar 20 jaar oud.

Seremonie

Dr. T.E.Z. Mabusela, ’n kliniese sielkundige, het haar geëvalueer en bevind sy was ten tyde van die voorval severely mentally retarded.

Die pleitooreenkoms lui die Saterdag – die dag van die voorval – was daar ’n tradisionele seremonie by die maternal tuiste van die beskuldigde.

Die beskuldigde sê dat hy en sy ooms reeds die vorige dag aan die suip begin raak het.

Hy sê hy moes saam suip omdat daar van hom verwag is om ’n “man” te wees, aangesien dit ’n kulturele seremonie was.

Volgens die beskuldigde was hy daai tyd nie gewoond daaraan om so diep in die bottel te kyk nie.

Die beskuldigde sê hy was by nóg ’n paartie daardie aand waar hy deurmekaar gesuip en harde hout gedrink het.

Hy sê teen middernag het hy gaan inkruip.

Volgens hom het die suipery die next oggend voortgeduur tot sononder, toe hy besluit het om ’n lyn te sny huis toe.

Die beskuldigde sê sy ouma het toe geld in sy hand gestop om nog bier te gaan koop.

Hy sê omdat hy so gesuip was, het hy sy suster gevra om saam met hom te stap.

Toe sy weier, het die klaagster saam met hom gestap.

Volgens die beskuldigde kon hy voel hoe hy rondslinger.

Hy sê hy kan nie onthou of hy enigsins by die tavern uitgekom het nie.

Die beskuldigde sê later die aand het hy wakker geword in ’n poel modder naby ’n pad – steeds dronk.

Hy sê toe hy tot sy sinne kom, toe sien hy hy is saam met die klaagster.

Volgens hom was sy jeans “oop” en was hy besig om met die klaagster seks te hê. Hy sê hy het egter aangehou met die daad.

Volgens die beskuldigde het hy geweet dat wat hy doen, verkeerd is en dat hy aan rape skuldig bevind kon word.

Ná die daad het hy opgestaan en die klaagster het weggestap.

Die beskuldigde sê almal in die familie – hy inkluis – weet sy cousin moet beskerm word teen enige persoon wat van haar advantage wil neem.

Hy sê toe hy in hegtenis geneem is, het hy aan die polisie erken hy het seks met die klaagster gehad.

Adv. Meagan September-Qatana het aangekla.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters