6 maande gelede
Ou sit 20 j. vir rape van vrou (87)
kapt. jackson manathaFoto: die burger  ~ 

’N RAPIST (35) gaan 20 jaar in die tjoekie deurbring.

Mziwakuthi Nkomo is Donderdag in die Butterworth-streekhof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 87-jarige vrou.

Die rape het op 13 Januarie 2009 in die informele nedersetting Xhaxhashimba in Dyo­sini Village naby Keibrug in Butterworth gebeur.

Nkomo het gevlug en is later opgespoor en gearresteer.

Hy het borgtog gekry nadat hy in die Butterworth-landdroshof verskyn het.

Verwelkom

Kapt. Jackson Manatha van die polisie sê Nkomo het daarna nooit weer hof geloop nie.

Hy is op 16 November 2018 weer gearresteer.

Die bevelvoerder van die Butterworth-groep, brig. Ngangema Xakavu, het die vonnis verwelkom.

Hy het die ondersoekbeampte geprys dat Nkomo weer gearresteer is. Xakavu het ook gesê hy het die saak behoorlik ondersoek, wat tot die lang vonnis gelei het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters