Verlede maand
Ou sit 15 jaar vir bejaarde se moord
Solly Nkuna gaan lank agter tralies sit vir 'n bejaarde se moord.  ~ Foto Verskaf

'N MAN is die afgelope week tot effektief 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die wrede moord van 'n bejaarde man naby Humansdorp.

Solly Nkuna (30) is skuldig bevind aan Ntonyana Ramabudu (69) se moord en is Woensdag in die Humansdorp-landdroshof gevonnis.

Ramabudu se familie het hom in Februarie laas lewend gesien toe hy die huis met sy grys Ford Ranger verlaat het. Sy lyk is 'n dag later met kopbeserings in 'n oop veld buite Humansdorp gevind.

Sers. Majola Nkohli, 'n polisiewoordvoerder, sê Nkuna het 15 jaar vir die moord en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede gekry. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word. - Algoa FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters