8 maande gelede
Ou seks vrou glo in 'n club
dors: Dié video het in die sosiale media opslae gemaak. ’n Man en vrou het na bewering in ’n club in Despatch geseks. VIDEOGREEP VERSKAF  ~ 

“GEE my net vyf minute,” smeek ’n vermoedelik besope ou by sy tjommies nadat hulle ’n seksvideo gemaak het van hom en ’n onbekende vrou.

Dié video, wat ook na Son gestuur is, is na verneem word nogal binne-in ’n bekende klub in Despatch gemaak.

In die clip kan ’n mens sien hoe ’n vrou se bene om ’n kaal man se lyf gevou is terwyl hy haar spyker.

Die vrou swaai ’n bottel Jägermeister rond terwyl die ou sy ding doen.

Die man glimlag selfs en gesels met die spul wat die video neem. Op die agtergrond kan ’n mens hoor hoe mense skree: “Maak klaar daar!” En: “Gooi rooi!”

Dit is daarop wat die man antwoord: “Gee my net vyf minute.”

Dis beter: Die man vat aan die vrou se kaal bobeen.

Sy seksmaatjie gryp dan sy gesig sodat hy haar kan soen. Hy vryf oor haar dimpel-boude en vryf sommer sy eie bobeen ook.

Dié dik romantiese scene het glo by die leë kratte en bottels agter die badkamer gebeur. Nou gons Facebook oor die walglike voorval.

Iemand reageer: “Nee kyk, ek het daai video gesien en my oë het oopgehang dat niemand hulle kom uitgooi of stop nie. Jy mag nie eens sonder ’n hemp daar in nie, maar jy mag kaalgat seks hê.”

Nog een kyk die sekskat se bottel Jägermeister so en sê die man in die clip is ’n “jags meester”.

Ander was meer gepla oor die man se “skurwe elmboog” en die vrou se “vuil knieë”.

“Daai was plain jagsheid, oe-ê-ê. Dan is sy elmboë en haar knieë nog so vuil. Ek sou hulle papnat gespuit het met Coke of bier of iets. Sies, f*k my.”

Vieslik

Nog iemand voeg by: “Hy kort ’n skropborsel. Kyk daai arms.”

Party wonder waar die ou en girl nou hulle koppe gaan indruk: “Nee man, dis mos vieslik om jou in ’n openbare plek só te gedra. Ál wat ek kan sê, is die paartie het te rof geraak. Hoe kyk jy nou almal in die oë? Eisj.”

“Ook maar mens, ook maar lus,” sê nog iemand.

WELLUSTIG: Die man vat sommer aan sy eie been ook.

Een vrou beweer die bronstige ou is ’n onderwyser.

“Wat het hý die kids geleer? Om tot vyf te tel?” wou iemand weet.

En die vrou antwoord: “Nee wat, volgens die video kan hy ook nie die aandwerk reg doen nie, wat nog van skoolwerk.”

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê mense wat so iets sien gebeur, kan ’n saak van openbare onsedelikheid teen die betrokke persone open.

Die club-eienaar sê daar’s geen bewyse dat dit in sy klub gebeur het nie. “Ons het reeds op die kameras gekyk en die polisie genader, maar daar is nie bewyse gekry nie.”

Son het die betrokke man op Facebook genader, maar teen druktyd het hy nie kommentaar gelewer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters