11 dae gelede
Ou se vonnis omgekeer
'n Regstudent se vonnis van ag jaar is omgekeer.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

'N REGSTUDENT van die Oos-Kaap wat twee jaar gelede vir ag jaar tronk toe gestuur is vir verkragting, se vonnis is omgekeer.

Osiphesonga Ngcanga (24) het in die Oos-Kaapse hooggeregshof in Makhanda suksesvol appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis.

Hy het reeds twee jaar in die St. Albans-tronk in Port Elizabeth deurgebring.

Ngcanga, wat tydens sy skuldigbevinding regte aan die Nelson Mandela-universiteit studeer het, is in Februarie 2017 skuldig bevind aan die verkragting van 'n dronk en bewustelose student by 'n verjaarsdagpartytjie.

Regters Sunil Rugunanan en Buyiswa Majiki het laas maand in hul uitspraak gesê daar was teenstrydighede in die getuienis van die klaer se vriende en wat hulle die nag van die voorval gehoor het.

Ses getuies het by die verhoor getuig dat hulle die twee sien dans, lag, flit en soen het by 'n partytjie wat deur 17 mense bygewoon is.

Die hof het onder meer bevind dat die getuies onbetroubaar was. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters