9 maande gelede
‘Ou se prints is op pistool’
AWONKE YAKOFoto: DEON FERREIRA  ~ 

DIE vingerafdrukke op die vuurwapen waarop die cops by ’n taxirank in Schauderville beslag gelê het, behoort aan een van die beskuldigdes in die Greenacres-roof- en moordsaak.

Lindokuhle January (21), Olwethu Dlanga (21), Awonke Yako (20) en Lonwabo Maweni (42) staan tereg op klagte van onder meer moord, poging tot moord en roof met ver­swarende omstandighede.

Die rooftog en moord het in 2016 gebeur. Ronald Monde Goduka is ná die rooftog in die parkeerarea doodgeskiet toe hy hom teëgesit het nadat die rowers sy kar probeer vat het.

Vergelyk

AO Calvin Swartbooi het gister getuig daar is beslag gelê op die pistool in die taxi by die Schauderville rank kort nadat January en Dlanga in die taxi in hegtenis geneem is. Volgens Swartbooi is die pistool in ’n swart sak gevind.

LONWABO MAWENIFoto’s: THEO JEPTHA

Hy het getuig hy het laas Woensdag in die teenwoordigheid van January se law­yer, Zolile Ngqeza, vingerafdrukke van January in die hof geneem.

Volgens Swartbooi het hy dié afdrukke vergelyk met dié op die vuurwapen.

Hy het tot die slotsom gekom die vinger- en palmafdrukke op die vuurwapen is January s’n.

Volgens Swartbooi was dit vir hom onmoontlik om ’n ander print wat op die vuurwapen gevind is, te identifiseer.

Hy het gesê later in 2016 het die ondersoekbeampte in die saak, AO Shane Kuhn, hom opdrag gegee om die silwer Honda Ballade wat vroeër in Queenstown gesteel is, te investigate.

Die kar was in daardie stadium by die vehicle safeguarding unit in Struandale in die Baai.

Toiletpapier

Swartbooi het getuig toe hy by die voertuig aankom, was die deure gesluit. ’n Locksmith is toe laat kom om die deure oop te maak.

OLWETHU DLANGA

Volgens hom het hy toe die motor van binne ondersoek en swabs geneem.

Hy’t gesê in die motor het hy ’n silwerkleurige scarf met swart en wit kleure gevind, asook ’n stukkie wit tissue of toiletpapier.

Volgens hom het hy die scarf en die papier in forensiese sakke geplaas.

Swartbooi het getuig in die kar se kattebak het hy ’n rooi K-Way jacket gevind wat hy ook in ’n forensiese sak geplaas het.

Hy het bygevoeg nadat hy die voertuig deursoek het, het hy afgesit na Fischer’s Jewellery by Greenacres om ook daar items te collect vir forensiese doeleindes.

Adv. Zelda Swanepoel kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters