Verlede jaar
Ou pay met tik – bloue
willie nance  ~ 

SY RY flashy karre en woon in ’n posh huis.

So getuig AO Leon Eksteen van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad gister in die Baaise hooggeregshof.

Hy het getuig ter verswaring van vonnis vir vyf verdagtes wat hof loop vir betrokkenheid by ’n perlemoensindikaat.

Hulle is Mar­shelle­ Blignaut, Jacob Naumann, Frederick Nance, Petrus Smith, en Willie Nance.

Hulle staan elk tereg op twee klagte van gangsterism en ’n klag wat verband hou met die bedryf van ’n onwettige aanleg wat vis verwerk.

Die beskuldigdes het reeds skuldig gepleit op die meeste van die klagte.

Eksteen getuig gister in kruisondervraging Naumann, Frederick en Smith het elk R1 000 per week gepay by die onwettige enterprise op ’n plaas in Olifantskop­ in Motherwell.

Volgens hom het die kingpin – Morné Blignaut, wat Woensdag gevonnis is – sy werkers soms met tik betaal en nie met geld nie.

Morné is Marshelle se eks-man. Eksteen het gesê die kingpin het gemeen solank hy sy werkers – Naumann, Frederick en Smith – met tik betaal, sal hulle afhanklik van hom wees.

Volgens Eksteen het die beskuldigdes voor die hof met hulle inhegtenisneming nie ’n sent op hulle naam gehad nie.

Hy getuig voorts dat die kingpin vroeër tot R20 000 borgtog betaal het vir elk van die beskuldigdes.

petrus smith
frederick nance
jacob naumann
marshelle blignaut Foto’s: deon ferreira

Volgens Eksteen was Naumann, Frederick en Smith gewone werkers. Hulle het nie gedeel in die profits nie.

Volgens Eksteen was daar rumours dat Naumann in ’n stadium sy voelers uitgesteek het om ’n 204-getuie te word.

Volgens hom het Morné – wat aanvanklik saam met die beskuldigdes tereggestaan het – se lawyer, Alwyn Griebenow, destyds dié aanbod van die hand gewys.

Die verdagtes se lawyer, Johan van der Spuy, stel dit aan Eksteen dat Marshelle­ niks van die profyt van die enterprise ontvang het nie.

Eksteen het dit ontken en verwys na ’n huis van R1,4 miljoen in Kempton Park wat in een van die Blignauts se dogters se naam geregistreer is. Volgens hom is daar nog ’n woning in Kragga Kamma-weg wat in hulle jongste seun se naam is.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir die voortsetting van die voorvonnisbetoë.

Al die verdagtes het vroeër bail gekry. Dis net Frederick wat in aanhouding is vir ’n ander saak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters