Verlede maand
Ou oor duisende skuldig
 ~ 

’N MAN wat ’n vrou van Gqeberha uit honderde duisende rande bedrieg het, is in die streekhof skuldig bevind aan die misdaad.

Kapt. Yolisa Mgolodela, ’n woordvoerder van die Valke in die Oos-Kaap, sê die 35-jarige Raydson Ntsala is Donderdag in Gqeberha skuldig bevind.

Sy sê Ntsala het die e-pos van die slagoffer gehack terwyl sy in 2017 by haar dogter in Duitsland gekuier het.

Hy het voorgegee dat hy haar makelaar is wat voorheen aangedui het dat hy ’n belegging van R350 000 namens haar wil maak.

Die slagoffer, wat onder die indruk was dat sy met haar werklike makelaar praat, het die bedrag goedgekeur, maar toe sy die transaksie later opvolg, het haar makelaar van niks af geweet nie.

Mgolodela sê sy het toe besef dat sy gehack is en het die saak by die Valke aangemeld.

Ntsala is uiteindelik op 28 Januarie vanjaar in Rustenburg gearresteer en na Gqeberha vervoer om in die hof te verskyn.

Hy word in Januarie 2022 gevonnis. – AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters