14 dae gelede
Ou ontken hy verkrag girls
Verkrag: Die victims in die saak was tussen 12 en 24 jaar oud.  ~ Foto ter illustrasie

’N JONG man wat teregstaan op ’n rits klagte, insluitend verkragting, het gister in die Baaise hooggeregshof onskuldig gepleit op al die klagte.

Xolile Pita (23) van KwaNobuhle in Uitenhage face sewe rape-klagte.

Die ander klagte is vier van poging tot roof, twee van ontvoering en een elk van aanranding met die opset om ernstig te beseer en roof met verswarende omstandighede.

Instruksies

Sy vermeende slagoffers was tussen 12 en 24 jaar oud. Die beweerde voorvalle het van 2016 tot 2018 in KwaNobuhle gebeur.

Kort nadat Pita gepleit het, het sy lawyer, adv. Jo­dine Coertzen, aangedui haar kliënt se pleit is in ooreenstemming met sy instruksies aan haar.

Sy het ook aangedui Pita gaan geen formele pleitverduideliking maak nie.

Volgens haar is sy verdediging die ontkenning van al die klagte.

Coertzen het gesê sekere formele admissions gaan binnekort gedoen word.

Luidens die klagstaat was die eerste klaagster op 26 September 2016 omstreeks 14:30 op pad werk toe, toe sy Pita raakgeloop het.

Pita was na bewering gewapen met ’n mes en het geld en haar selfoon geëis.

Hy het haar na ’n beboste area geneem en haar glo gedwing om hom te soen met die mes teen haar keel.

Die staat voer aan daarna het hy sy beanie in haar mond gestop en haar sonder ’n kondoom verkrag.

Pita het toe na bewering die vrou se kos gevat en dit geëet.

Sy het haar kans aangegryp om te ontsnap nadat sy stemme gehoor het.

In ’n ander voorval op 27 Desember 2017 het Pita na bewering ’n vrou agtervolg, haar geklap en haar selfoon geëis.

Hy het haar ook na ’n beboste area gedwing en haar glo sonder ’n kondoom verkrag, lui die klagstaat.

Pita het die klaagster toe net daar gelos.

Die klaagster het toe sonder haar onderklere en skoene huis toe gehardloop.

Op 1 April 2018 het Pita na bewering drie klaagsters genader en geld en sel­fone geëis. Hy het hulle glo met ’n mes gedreig en gesê hy wil seks met hulle hê.

Pita het daarna die vroue glo om die beurt verkrag.

Een van die klaagsters het in die proses haar vingers met die mes gesny.

Die klaagsters het om hulp geroep.

Pita het na bewering een van die slagoffers met die mes in die rug gesteek en toe weggehardloop.

In nog ’n voorval op 7 Oktober 2018 was ’n klaagster omstreeks 22:00 op pad na haar ouma.

Sy het drie mans, onder wie Pita, raakgeloop.

Hulle het haar na be­wering na ’n oop stuk grond gesleep.

Getuies

Luidens die klagstaat het een van die mans en toe Pita die vrou sonder ’n kondoom verkrag.

Die verhoor is tot vandag verdaag vir die staat om sy getuies te roep om te getuig.

Die beskuldigde bly in aanhouding.

Die saak dien voor waarnemende regter Bulelwa Pakati.

Adv. Garth Baartman kla aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters