6 maande gelede
Ou ontken hy is ’n piemper
Jean-ClaudeUithaler  ~ 

’N MOORDBESKULDIGDE het gister ontken hy het sy twee medebeskuldigdes vroeër aan die polisie uitgewys.

Sinethemba Mfihlo (23) staan in die Baaise hooggeregshof saam met Khawulelani Gqunta (19) en Jean-Claude Uithaler (25) tereg vir die moord op Quinton David Williams (44) op 14 Junie 2014. Williams was ’n bewaarder van die St. Albans-gevangenis.

Nadat Mfihlo gister deny­ het hy het ooit sy medebeskuldigdes aan die polisie uitgewys, het adv. Garth Baartman, staatsaanklaer, hom herinner aan sy twéé uitwys-verklarings in Junie 2014.

Volgens Mfihlo het die ondersoekbeampte in die saak, sers. Conrad Goosen, bloot die twee uitwys-verklarings aan hom gegee en gemaak dat hy dit sign.

Hy het getuig Goosen het gesê hy moet die verklarings sign sodat hy ’n getuie teen sy medebeskuldigdes kan wees. Oor Gqunta het Mfihlo gesê hy is nooit na die Bethelsdorp-polisiestasie geneem om hom uit te ken nie.

Selnommer

Hy het ook ontken hy het verklarings afgelê waarin hy sy twee medebeskuldigdes betrek.

Mfihlo het verder ook gesê die selnommer op die statements is nie sy nommer nie.

Volgens hom het hy ’n selnommer wat hy nog aan niemand gegee het nie.

Hy het ook ontken hy het ’n selnommer aan die polisie verskaf.

Volgens hom het hy na die verklarings gekyk, maar nooit opgelet na die selnommer wat daarop aangebring is nie.

Alleen

Mfihlo het gesê Goosen het hom op 17 Junie 2014 gedwing om ’n witness state­ment te sign.

Volgens Mfihlo was hy en Goosen alleen toe Goosen hom die dokumente laat sign het.

Die drie beskuldigdes bly in aanhouding.

Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters