4 maande gelede
Ou kry lem in love triangle
bloedig: ’n Man van Ngcobo het na bewering sy vrou se lover doodgesteek.foto verskaf  ~ 

’N LIEFDESDRIEHOEK in Ngcobo in die Oos-Kaap het in ’n moord geëindig.

Die man wat na bewering sy vrou se lover vermoor het, is Woensdag in die Ngcobo-landdroshof op bail van R2 000 vrygelaat.

Siyabulela Fakade (36) word aangekla vir die moord op Abongile Tshengiwe en poging tot moord op sy vrou, Thandiwe Fakade.

Siyabulela is laas Maandag gearresteer nadat hy homself by die Ngcobo-polisiestasie oorgegee het.

Hy het Tshengiwe na bewering doodgesteek nadat hy hom en sy vrou in hul gehuurde flat in mekaar se geselskap gevind het.

Volgens ingeligtes het Siyabulela al voorheen vir Tshengiwe gewaarsku om van sy vrou af weg te bly.

Dít was nadat hy na bewering WhatsApp-boodskappe op sy vrou se selfoon gesien het wat daarop dui dat hulle twee ’n affair het.

Siyabulela – wat weeksdae in Mthatha werk – het Sondag onverwags by die flat aangekom, maar sy vrou was nie by die huis nie.

Hy het deur die nag alleen daar gebly totdat sy vrou en Tshengiwe die volgende oggend daar opgedaag het.

Siyabulela het die twee gekonfronteer en ’n mes gebruik om albei te steek.

Hy het Tshengiwe na bewering doodgesteek.

Sy vrou sterk tans in ’n plaaslike hospitaal aan.

Luidens Siyabulela se pleitverduideliking wat deur sy lawyer, Bongani Mtati, in die hof voorgelees is, was die voorval nie beplan nie.

Hy het aangevoer dat Siyabulela nie ’n gewelddadige man is nie.

Siyabulela het gesê dat hy die broodwinner in die familie is, met twee kinders wat tans in hul ouma se sorg is.

Siyabulela gaan onskuldig op die aanklagte teen hom pleit.

Die staat het borgtog toegestaan.

Die saak is tot 26 Julie vir nader ondersoek uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters