6 dae gelede
Ou in hof oor ‘rape’ van niggie
Foto:  ~ 

’N MAN wat na bewering sy 20-jarige geestelik versteurde cousin verkrag het, het gister vlugtig in die Baaise hoog- geregshof verskyn.

Die 26-jarige man van die informele nedersetting Joe Slovo het nog nie op die rape- klag teen hom gepleit nie.

Luidens die klagstaat het die voorval op 25 Junie 2016 in die omgewing van die informele nedersetting plaas- gevind.

Die vrou se intellektuele vermoëns is min of meer dieselfde as dié van ’n sewejarige kind.

Op die dag van die voorval het die beskuldigde die vrou gevra om hom te vergesel na ’n tavern waar hy biere sou koop.

Gelos

Op pad daarheen het die beskuldigde die klaagster na ’n beboste area geneem waar hy haar verkrag het.

Toe hy die vrou klaar verkrag het, het hy haar net so gelos. Haar cousin, wat in die straat afgestap gekom het, het haar toe gevind.

Die vrou se cousin het haar toe huis toe geneem waar sy die voorval aangemeld het.

Die saak is later by die polisie aangemeld.

Luidens die klagstaat is beserings aan die klaagster se privaat dele opgemerk toe sy medies ondersoek is.

Die klagstaat lui voorts die beskuldigde word positief met die rape verbind deur middel van DNS.

Luidens die klagstaat is die klaagster nie mentally in staat om toestemming te gee vir seksuele omgang nie. Die saak is uitgestel tot vandag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters