3 maande gelede
Ou in hof ná tiener gerape is
kapt. sandra janse van rensburgFoto: son  ~ 

’N MEISIE (16) is die naweek na bewering verkrag onder die Standfordweg-brug.

  • Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg , ’n polisiewoordvoerder, het dit Saterdag om en by 16:45 gebeur.

Janse van Rensburg sê: “Die 16-jarige slagoffer was saam met haar broer en ’n vriend onder die Standfordweg-brug.

“ ’n Man het hulle genader en beroof van hulle besittings.

“Die meisie is agtergelaat toe haar broer en vriend gevlug het.

“Terwyl die verdagte die tiener na bewering verkrag het, het die broer met die polisie opgedaag.

“Die 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem.”

Janse van Rensburg sê die verdagte het gister in die Baaise landdroshof verskyn op ’n klag van verkragting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters