2 maande gelede
Ou gesoek vir hit wyl vrou slaap
IDENTIKIT: Só lyk die man wat vermoedelik by die moord op Vuyolwethu Matodlana betrokke was.FOTO VERSKAF  ~ 

DIE polisie in Humansdorp het die identikit vrygestel van ’n man wat vermoedelik by ’n sluipmoord betrokke was.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte is tussen 25 en 30 jaar oud en sowat 1,6 m lank.

Hy word gesoek in verband met sake van roof en moord op 21 Desember 2018 in Vergenoeg, KwaNomzamo, in Humansdorp.

Die huismense het in die sitkamer van die huis gesit toe daar om en by 22:50 ’n klop aan die deur was.

Toe hulle die deur oopmaak, het twee mans, gewapen met vuurwapens, by die huis ingegaan en die huismense gedreig.

Slaap

’n Trouring en R200 kontant is aan die verdagtes oorhandig.

Die mans het toe gevra waar “Cookie”, die bynaam van Vuyolwethu Matodlana, was.

Die huismense het die verdagtes beduie na die slaapkamer, waar die 36-jarige Matodlana in haar slaap doodgeskiet is.

Die verdagtes het toe van die toneel gevlug. Die motief van die moord is onbekend.

Enige een met inligting word versoek om AO Pieter Bessinger van die speurtak in Humansdorp te bel by 042 200 8100.

Inligting kan ook deurgegee word op die polisie se Crime Stop-nommer, 08600 10111.

Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters