4 maande gelede
Ou deel, al het hy niks
koud: David Japtha maak sy voete warm met die vuurtjie wat hy aangesteek het. (gebruik klein asb - lae kwaliteit)  ~ 

VERSTOOT en verniel slaap hy saans op ’n straathoek tussen vullis.

David Japtha, wat in sy 40’s is, woon al jare agter ’n winkelsentrum in Baird-straat, Uitenhage.

Hoewel hy familie in Rosedale het, sorg hulle blykbaar nie vir hom nie en hy moet nou in die bibberkoue ’n woning maak van niks.

Japtha het nie ’n vrou of kinders nie. Hy lyk verwaarloos met sy onpaar skoene en ’n swartsak oor sy klere.

’n Enkele stukkende kombers is al wat hy het om die koue uit te hou.

“Ek kom van oorsee af,” het Japtha eers gesê, maar later laat hy hoor hy is van die Kaap.

“Ek woon al drie jaar hier. Ek gaan kap hout, maar dan betaal die mense my nie.

“Wanneer ek slaap, steel mense my plastiekbottels.

“Ek gaan toilet toe in die bosse en kry darem partykeer goed van mense wat my help.”

“Ek kook gewoonlik mieliemeel. Partykeer kook ek lekkers en suiker sodat ek darem my arms kan optel en loop.

“Die mense hardloop weg van my af. Die mense wat hulle hare kam, wil nie na my luister nie.

“Ek dink baiekeer aan die mense wat lekker bly, maar nie lekker maniere het nie.

“Ek voel soos ’n verstoteling.”

Japtha voeg by hy drink nie alkohol nie. 

Links: Só slaap David Japtha met een stukkende kombers tussen die gemors. REGS: Hy maak sy voete warm by die vuurtjie wat hy aangesteek het.FOTO’S VERSKAF
barmhartig: Riaan Senekal (agter) bring gister vir David Japtha (hooffoto) kos en koeldrank. Foto’s: deon ferreira
David Japtha a
koud: David Japtha maak sy voete warm met die vuurtjie wat hy aangesteek het. (gebruik klein asb - lae kwaliteit)

Maagpyn

Maar sy eetgewoontes het hom al ernstig siek gemaak.

Volgens Riaan Smith, ’n karwag in Baird-straat, eet Japtha nie regte kos nie.

“Hy eet enige ding wat hy in swartsakke kry en dan kook hy dit.

“Hy het eenkeer maagpyn gekry van die vuil goed wat hy eet en toe het hy kliniek toe gegaan, waar hulle vir hom iets gegee het.”

Volgens Smith het Japtha altyd agter ’n driving school in die area geslaap, want daar is darem ’n afdak. Maar hy is daar weggejaag.

Riaan Senekal, ’n barmhartige brandweerman van KwaNobuhle, het gister vir Japtha sakkies met kos en koeldrank gebring.

“As ek dorp toe gaan, ry ek verby hom. Die man is al maande hier.

“Elke aand is daar ’n vuurtjie wat brand. Ek het besluit vandag is die dag dat ek hom gaan help,” het Senekal gesê.

Japtha is vrygewig met die kos wat hy by ander mense kry en gee gereeld van sy brood aan ander armes wat hom vra.

Sy droom? Om ook eendag ’n huis te hê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters