2 maande gelede
Optog plaas fokus op maatskaplike euwels
Eddie Alexander  ~ 

MISDAAD, dwelms en bendegeweld is volop in Missionvale in die noordelike gebiede van die Baai.

Daarom gaan inwoners, organisasies, kerke, gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en die polisie vandag aan ’n march deelneem.

Eddie Alexander, die voorsitter van die GPF in die Mountweg-cluster en Algoapark, sê die optog begin by Smartie Town se parkie.

Dit eindig by die sorgsentrum in Trompweg.

Die doel van die optog is om bewustheid te skep oor die euwel van dwelms en mishandeling.

’n Belanghebber-forum wat bestaan uit al die bogenoemde betrokkenes, sal ook bekend gestel word.

Skuld

Alexander sê die departement van gesondheid en van maatskaplike ontwikkeling, asook personeel van rehabs, gaan aan die optog deelneem.

“Daar is baie gevalle waar laerskoolkinders van net ses jaar oud dwelms soos tik rook.

“Meisies raak swanger en kinders word geskiet. Ons kan niks anders as dwelms die skuld gee nie.”

Alexander sê hoewel hulle fokus hoofsaaklik op die jeug is, gaan hulle ook ouers meer inlig oor die omstandighede waaronder hulle kinders hulle bevind.

In die volgende twee weke sal daar ’n gemeenskapsdialoog gehou word. Enigiemand is welkom om hulle vandag by die optog aan te sluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters