2 maande gelede
Opod ondersoek saak ná cops drie doodskiet
Drie mans is buite 'n KZN-stemlokaal deur die polisie doodgeskiet.  ~ 

DIE Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van drie mans wat in ’n skietgeveg met die polisie in Plessislaer, Pietermaritzburg, doodgeskiet is. 

Die drie mans is Maandag doodgeskiet terwyl Suid-Afrikaners hul kruisies in die plaaslike regeringsverkiesing getrek het. 

Grace Langa, woordvoerder vir OPOD, sê die mans is deur die polisie genader nadat hulle ’n  voertuig onder ’n boom langs die stemlokaal parkeer het.

“Daar word beweer dat die drie mans hul voertuig onder die boom langs ’n stemlokaal in Azalia geparkeer het.

“Die polisie het die voertuig gesien en dit genader.”

Drie mans het uit voertuig geklim en op die polisiebeamptes begin skiet. 

Die polisie het teruggevuur en die drie is noodlottig gewond. Al drie is op die toneel dood verklaar. 

Langa voeg by die voertuig het geen nommerplate op gehad nie. – JacarandaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters